Click here for a call back!
LET US CALL YOU BACK
Get a FREE QUOTE Today!
Please wait...

MOTORVERSEKERING KWOTASIE

Wil jy eers bietjie die kat uit die boom kyk voor iemand jou hier in ’n blik druk? Dis oukei. As jy by ons ’n kwotasie kry is jy onder geen verpligting om versekering deur ons te kry nie. Dit sal wel ’n slim besluit wees om jou motor deur ons te verseker, want ons gee jou diens in jou eie taal en skenk ’n gedeelte van jou premie aan die voortbou van Afrikaans. Dit als vir ’n bakgat prys.
Gee vir ons jou besonderhede in die vorm hieronder en ons gee jou ’n billike prys. So nie kan jy ’n boodskap los of SMS – dan bel ons jou terug!

Virseker Persponie – NUUS

Virseker saal die persponie op en verf hom turkoois. As jy ’n klok hoor lui het dat ons in die pers was, maar nie lekker weet waar die bel hang nie, kan jy dit nou uit dié ponie se bek hoor:

Maart 2011 Persvrystelling
AFRIKAANS BULT SY SPIERE – VIRSEKER!

Die koopkrag van Afrikaans het vandag sy spiere gebult met die bekendstelling van ’n nuwe Afrikaanse korttermynversekeringsproduk genaamd Virseker. Die produk word onderskryf deur Auto & General Versekeringsmaatskappy.

Ricardo Coetzee, woordvoerder vir Virseker, sê die produk sal uitsluitlik diens in Afrikaans lewer. Sowat drie miljoen mense, dis sowat 18 persent van die Suid-Afrikaanse bevolking, beskou Afrikaans as hul huistaal.

Die produk gaan ook ’n sosiale verantwoordelikheidsaspek hê, met die stigting van die Virseker Trust wat op die opleiding van die Afrikaanssprekende gemeenskap gemik sal wees. Daar word beoog om deur die trust miljoene rande vir die opleiding van Afrikaanssprekendes beskikbaar te stel.

Die doel van die produk is om die koopkrag van die Afrikaanssprekende mark te mobiliseer en terug te ploeg in die opleiding vir die Afrikaanssprekende gemeenskap. Virseker gaan, ter wille van die Afrikaanse mark, sy veldtogte en dienste in Afrikaans aanbied.

Die produk is baie kompeterend in terme van prys. Sy krag lê ook in ’n beter diensaanbod deur net diens in Afrikaans aan te bied. “Die besluit om Virseker van stapel te stuur, is ’n logiese besigheidsbesluit wat op die koopkrag van die Afrikaanssprekende gemeenskap gegrond is,” sê Coetzee.

Die koopkrag van Afrikaanssprekendes is van die grootste in Suid-Afrika – hulle verteenwoordig ongeveer 30% van die koopkrag. Engelssprekendes is tweede met ongeveer 28%. Verder is sowat 60% van Afrikaanssprekendes bruin en swart. Dus plaas dit Virseker stewig in die hoofstroomekonomie.